Saddle Horses are our passion!

AFRICA SADDLE HORSE FUTURITY (ASF) AUCTION RESULTS 2009

 

Follow this link for the auction results of the first ASF 2009 or link directly to the site for news and updates from our menu above.

AFRICA SADDLE HORSE FUTURITY (ASF) AUCTION RESULTS 2009

Die eerste ASF hings dekking veiling wat op Parys Skou gehou is, was 'n REUSE sukses! Dankie aan almal se oorweldigende belangstelling en aan Wim Bester wat die veiling hoogs professioneel hanteer het!Die uitslag van die veiling is op die website www.africasaddlehorsefuturity.net.

Die van julle wat die eerste hings nominasie en veiling gemis het - onthou die volgende hingsnominasies is om die draai. Onthou jy het nog 'n kans - dit sluit eers op 31 Januarie 2010 en die volgende veiling sal gehou word op Bloem Skou 2010 vir die ASF van 2012. Ekstra hingste is reeds belowe vir Januarie 2010 en daar is reeds 'n paar verrassings. As jy jou bloedlyne vertrou, nomineer jou hings en as jy 'n eksklusiewe vul wil teel wat gaan kwalifiseer vir die 2de ASF(2012) en daaropvolgende 3 jaar oud Futurity, woon die volgende veiling by en koop 'n dekking! Kontak details is beskikbaar op die website:  www.africasaddlehorsefuturity.net

Daar is aanvanklik voorgestel dat die merrie nominasies Februraie 2010 reeds in moet wees. Weens die relatiewe kort tydperk wat merrie-eienaars het om genomineerde merries vas te kry gaan ons die eerste merrie nominasie tydperk verleng tot Junie 2010. (Dit gee vir julle die geleentheid om seker te maak die merrie wat jy nomineer definitief dragtig is) Die eerste vullens sal eers gebore word vanaf Oktober 2010 vir deelname aan die eerste Speenoud ASF van Maart 2010. Daar sal moontlik  vullens wees wat te jonk gaan wees vir die speenoud klas, maar hulle sal wel kan deelneem aan die 3 jaar vertonings ASF.

 Daar is mense wat BAIE spyt is dat hulle nie hulle hingste genomineer het of 'n dekking gekoop het vir die eerste 2010 Futurity nie. Hierdie Futurity gaan 'n gewaarborgde eerste plek van R25000 aan die speen oud wenvul uitbetaal ! Wonder wie gaan dit wees?!

Moenie die 2de hingsnominasie en 2de hings dekking veiling misloop nie!

Vriendelike groete,

Ross

 

ASF AUCTION RESULTS 2010

 

Baie geluk aan Ross Millin met ‘n baie suksesvolle 2de ASF veiling!

 

Die hoogste Dekking was van die Hings HS Daydream’s Premier Night (imp)  vir R 32,000.00 gekoop deur Junior Smit en die tweede hoogste dekking was Undulata’s Made in Heaven (imp) gekoop deur Francois Derksen vir R23,000.00.

 

‘n Totaal van 30 dekkings is verkoop.

Veiling uitslae    FOTO’s

2010 VEILING FOTO’S