Saddle Horses are our passion!

Best Saalperd Vriende

 

Ons het ‘n geleentheid om die “Saddleseat” sport geweldig uit te brei.

 

Die voertuig is Skole sport.

 

Ons het daarin geslaag om “Saddleseat” as skole sport goedgekeur te kry. Daar is huidig 2 dissiplines geregistreer deur Sanef Schools by die SAEC (South African Equestrian Council). Dit is vir Saddleseat Equitation en Saddleseat Performance Riding. Daar is vier vlakke van deelname en ook aparte afdelings vir Primêre en Sekondêre skole. Vir 2010 sal ons slegs 3 Gang hanteer. As ons genoeg belangstelling het sal ons uitbrei na 5 gang toe ook. 

 

Een van die voordele is dat Saddleseat nou aanvaar sal word as skole sport en dus ingesluit sal word by die skool se prysuitdelings en erkenning. Daar sal ook in elke provinsie ‘n Skole span verkies word om die provinsie op nasionale vlak te verteenwoordig. Indien ons 3 provinsies kan mobiliseer sal ons ‘n nasionale kampioenskappe kan hou en ‘n SA skole span kies. Dit sal dus moontlik wees vir ‘n junior ruiter om in die Stap/Draf afdeling vir Equitation of Performance riding provinsiale skole kleure te verwerf asook SA skole kleure.

 

Indien u kinders het wat deelneem in Saalperd skoue of u enige persone ken wat sal belang stel, kan u asseblief die inligting vir hulle deurstuur.Aangeheg is die basiese reels vir deelname aan die Sanef Skole liga. Die vereiste is dat die skool moet registreer op die webwerf van Sanef. http://www.sanefschools.org.za Al die algemene reels is ook daar beskikbaar. Die Saddleseat reels is op die ESSASA webwerf http://www.essasa.co.za beskikbaar. Indien u meer inligting benodig kan u my gerus skakel of epos: 

Cobus Oosthuizen 0833096684 c.oosthuizen@esteq.com

Saddleseat as Skole Sport