
|
Saddle Horses are our passion! |
Aan alle NGSU lede/eienaars/vertoners van SaalperdeAangeheg die uitnodiging na PRETORIA NGSU SAALPERD STREEKSKOU. Ons sien uit daarna om julle in Pretoria te ontvang vir een van die lekkerste en beste skoue van die jaar! Skryf asseblief vroegtydig in, want stalle is steeds beperk.Onthou asseblief om die vlg 3 vorms terug te faks of e-pos:1 Opsomming van Inskrywing en Toegang (bepaal totale bedrag verskuldig)2 Inskrywingsvorm - volledig ingevul (van klasse en perde) 3 BetalingsbewysDie Vrywaringsvorm tov Verbode Middels sal by die skou met afhaal van nommers onderteken word.Dankie by voorbaat vir jul samewerking.Groete en sien julle DV op Pretoria!Tersia082 4628 547 Neem Kennis!
2 & 3 SEPTEMBER 2010
Geagte Saalperd Vriende
Dit is vir ons ‘n voorreg om ‘n Noord-Gauteng Saalperd Streekskou te Pretoria op die Donderdag en Vrydag van bogenoemde datums te mag aanbied.
Soos u bewus is uit die vorige twee jaar, word uitstekende prysgeld betaal en danksy ons borge en dinamiese skou komitee is die reëlings reeds in plek.
Pretoria Skou het ‘n vol perde program en daarom mag die Saalperde eers op Woensdag, 1 September om 16h30 die stalle beset en moet ons uit wees Saterdag, 4 September teen 07h00. Met die regte beplanning behoort dit nie ‘n probleem te wees nie.
‘n Vertoners en Eienaars Onthaal/Braai sal gratis op Woensdagaand om 18h30 aangebied word. Bespreek asseblief u kaartjies saam met u inskrywings sodat ons die nodige reëlings kan tref. Addisionele gaste is baie welkom teen R100-00 per kaartjie.
Toegangskaartjies is teen ‘n verlaagde prys by ons beskikbaar - let asseblief op die kostes vir elke dag. (Kinders 0/6 is gratis.) Ekstra kaartjies kan by die toegangshekke teen die gewone tarief gekoop word. ‘n Beperkte aantal voertuig kaartjies vir binne parkering is ook by ons beskikbaar. Buite parkering kan by die hekke gekoop word. Alle toegangskaartjies moet asb saam met inskrywings bespreek en betaal word.
Die skou se stalle en fasiliteite is uitstekend maar ons is beperk tot 155 stalle, so maak asseblief seker dat u betyds inskryf en betaal om teleurstelling te voorkom.
Ons sien uit daarna om u te ontvang. Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat die skou vir u `n hoogtepunt van 2010 sal wees.
Saalperd groete,
Wim Bester Voorsitter Pretoria Saalperd Skou Komitee 082 567 5726
Skou Administrasie Tersia Malan 082 462 8547 Marinda Bester 083 281 3119 |
PRETORIA NGSU SAALPERD STREEKSKOU |