Saddle Horses are our passion!

Alle SubUnies

 

Ons is nou in volle vaart besig met die reelings van die SKOU.

Aangeheg die nodige dokumentasie vir deelname:

 

1.  Inskrywingsvorms (*.doc en *.pdf)  -  As dit meer gerieflik is kan

jul die *.doc Inskrywings elektronies voltooi en aan my terug  epos.

 

2.  Vrywaringsvorms(Vorm 3 en 4) - albei vorms moet voltooi word, en

kan aan my terug gepos word, of op dag van registrasie (3 Augustus) by

die skoukantoor ingehandig word.

 

Let asb daarop dat ALLE inskrywings nie later as 18 Julie 2010 voltooi

en terug gestuur moet word.

 

Alle Inskrywingsvorms moet direk aan Die Griekwa SubUnie terug gestuur

word.  Moet asb nie dit aanstuur vir Die Telersgenoodskap nie.

 

Alle ontvangs van Inskrywings sal telefonies bevestig word aan die

SubUnie Voorsitters.

 

Ons sal asap al die ander reelings rondom die Dinee en Skemerkelkie

aan jul deurgee. Asook lys van Gastehuise en ander belangrike

reelings.

 

Soos jul reeds weet is die Proewe Beoordeelaars:

CJ du Plessis, Francois vd Merwe, Hugo Visser, Jaco Jonker en Kippie Louw.

Die eerste 3 Beoordeelaars sal ook optree as Skou Beoordeelaars

 

As daar enige ander navraag is, kan jul dit gerus aanstuur.

 

Vriendelike Groete

 

Bertus Pretorius

Bertpretorius@gmail.com

.

.

  De Aar Interprovinsiale Amateur Championships 2010